top of page
JOAN & NIEL
Bruilof
Die Troudag

WANNEER

Saterdag, Sep 23, 2017

Seremonie: 15:00

Onthaal: 18:00

WAAR

Geelbek Restaurant

Weskus Natuurreservaart

Langebaan, Weskaap 

ONS  LIEFDESVERHAAL

Vandat ons mekaar ontmoet het het ons elke minuut saam spandeer. Ons het albei onmiddelik geweet ons het mekaar gevind. Op 'n doodgewone Saterdagmiddag het Niel en sy ouers skelmpies hulle huis in Krugersdorp vol liggies en kerse versier, en voor ek weer kon sien was hy op sy knie met die mooiste ring in sy hand. Natuurlik het ek onmiddelik ja gese!

Our story
Details

Bietjie meer oor Joan:

Joan is gebore in Durban op die 29ste Desember 1993. Sy het in Windhoek grootgeword en skoolgegaan tot graad 11. Daarna het sy haar matriekjaar voltooi aan Paarl Gim. In 2013 het sy haar lewenslange droom om 'n veearts te word aan die Universiteit van Pretoria begin voltooi en is tans 'n 5de jaar student en sal aan die einde van 2018 Dokter (Joubert) wees. Haar pa, Maren de Klerk is 'n prokureur met sy eie firma in Windhoek en haar ma, Mari, is 'n NLP Lewensafrigter in Windhoek. Sy het een boetie van 21 wat tans BComm Regte swot in die Kaap.

Sy soek baie kinders en diere om na te kyk! :)

Bietjie meer oor Niel:

Niel is gebore in Pretoria op die 16de September 1988. Hy het in Melmoth gebly en laerskool voltooi waarna hy en sy gesin Krugersdorp toe getrek het en hy sy hoerskool loopbaan voltooi het. In 2008 het hy sy studies in Meganiese Ingenieurswese ook by Tukkies begin. In 2013 vang hy graad en begin dadelik met sy Meestersgraad in data analise by UJ wat hy in 2015 Cum Laude verwerf. Hy werk tans by Aerosud op die AHRLAC projek, wat die ontwikkeling van 'n nuwe verkennings- en ligte aanvalsvliegtuig behels. Sy pa, Danie, en ma, Lizette, is ook al jare in die privaatvliegtuibedryf waar hulle omsien na alle aspekte van die verskaf en bedryf van privaatstralers en ander luukse vliegtuie namens eienaars en maatskappye.

Hy het 'n boetie van 24 wat tans medies studeer op Stellenbosch.

Joubert troue
Joubert troue
Kom deel ons dag met ons by Geelbek, in die hartjie van die natuurreservaat op die pragtige weskus.
Rsvp

Sou u 'n geskenkie wou koop,

Spaar u self die baie loop.

Bere die noo'tjie in die kas

En kom gooi dit in die huwelikstas!

Registry
bottom of page